2 Kings 18:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie is hulle onder al die gode van die lande wat hulle land uit my hand gered het, dat die HERE Jerusalem uit my hand sou red? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Watter god van enige nasie was in staat om sy land uit my mag te red? Noem net één! Wat laat julle dink dat die Here vir Jerusalem sal red?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie is daar onder al die gode van die lande wat hulle land uit my hand gered het, dat die HERE Jerusalem uit my hand sou red? |
| Afrikaans 1983 | Wie van al die gode van die ander lande kon sy land uit my mag red? Dan sal die Here mos nie Jerusalem uit my mag kan red nie!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie was daar onder al die gode van hierdie lande wat hulle land uit my hand gered het, dat die Here dan Jerusalem uit my hand sal red?’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wie van al die gode van daardie lande kon sy land beskerm teen my? Nie een nie, en die Here kan Jerusalem ook nie beskerm teen my nie.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Noem vir my een enkele god wat sy land teen my mag kon beskerm. Hoe kan julle dan dink dat die Here Jerusalem teen my sal kan beskerm?” |