2 Kings 18:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Totdat Ek kom en julle wegneem na 'n land soos julle eie land, 'n land van koring en wyn, 'n land van brood en wingerde, 'n land van olyfolie en heuning, sodat julle kan lewe en nie sterwe nie; aan Hiskia as hy jou oorhaal deur te sê: Die HERE sal ons red. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan sal ek kom en julle na ’n ander land soos hierdie een van julle neem. Dis ’n land met koring en wyn, kos en wingerde, olyfbome en heuning. Kies nou die lewe in plaas van die dood! “Moenie na Hiskia luister wanneer hy sê ‘Die Here sal ons red!’ nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | totdat ek julle kom haal na 'n land soos julle land, 'n land van koring en mos, 'n land van brood en wingerde, 'n land van olyfbome en heuning; dan sal julle lewe en nie sterwe nie; en luister nie na Hisk¡a nie, want hy verlei julle deur te sê: Die HERE sal ons red. |
| Afrikaans 1983 | tot ek kom en julle wegvat na 'n land toe net soos julle land. Dit is 'n land met koring en wyn, 'n land met kos en wingerde, 'n land met olyfolie en heuning. Dan sal julle lewe, julle sal nie sterwe nie. Moenie na Hiskia luister nie. Hy bedrieg julle as hy sê die Here sal julle red. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | totdat ek kom en julle neem na 'n land soos julle land – 'n land met koring en •nuwe wyn, 'n land met brood en wingerde, 'n land met olyfbome, olie en heuning. Julle sal leef en nie sterf nie. Julle moet nie na Hiskia luister nie, want hy mislei julle deur te sê: “Die Here sal ons red!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Later sal ek kom en ek sal julle wegvat na 'n land wat soos julle land is, 'n land waar daar koring en wyn is, 'n land waar daar kos en wingerde is, 'n land waar daar olyf-olie en heuning is. Ek sal dit doen sodat julle kan lewe en nie sal sterf nie. Julle moet oppas dat Hiskia julle nie bedrieg nie. Hy sê die Here sal julle red, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna sal julle na ’n ander land geneem word wat goed met Juda vergelyk. Daar sal graan en druiwe wees vir kos en wyn, met olywe en heuning. Dit is ’n land van oorvloed. Kies om te bly lewe, anders gaan ek julle doodmaak! “Moenie na Hiskia luister as hy julle mislei deur te sê: ‘Die Here sal ons red!’ nie. |