2 Kings 18:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Luister nie na Hiskia nie, want so sê die koning van Assirië: Maak 'n ooreenkoms met my deur 'n geskenk, en gaan na my uit, en eet dan elkeen van sy wingerdstok en elkeen van sy vyeboom en drink julle elkeen die waters van sy put.
Afrikaans (NLV) 2011 “Moenie na Hiskia luister nie! Dit is wat die koning van Assirië sê: Maak vrede met my en kom oor na my toe. Dan sal ek toelaat dat elkeen van sy eie wingerdstok en vyeboom eet en uit sy eie put water drink.
Afrikaans 1933/1953 Luister nie na Hisk¡a nie; want so sê die koning van Assirië: Sluit met my vriendskap en trek uit na my toe en eet elkeen van sy wingerdstok en elkeen van sy vyeboom en drink elkeen die water van sy put,
Afrikaans 1983 Moenie na Hiskia luister nie, want só sê die koning van Assirië: Maak vrede met my en kom uit na my toe, dan sal elkeen die vrugte van sy eie wingerdstok en sy eie vyeboom eet en uit sy eie put water drink
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle moet nie na Hiskia luister nie, want so sê die koning van Assirië, ‘As julle met my 'n ooreenkoms aangaan en uitkom na my toe, sal elkeen van sy wingerdstok en sy vyeboom eet, en elkeen water uit sy eie opgaarput drink,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moenie na hom luister nie, want die koning van Assirië sê: ‘Julle moet vrede maak met my en julle moet na my toe kom. Dan kan julle elkeen eers op sy eie grond bly en elkeen kan sy eie druiwe en vye eet en water drink uit sy eie put.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Moenie na Hiskia luister nie! Die koning van Assirië bied die volgende voorwaardes vir vrede aan: Maak die hekke oop en kom uit die stad uit. Dan sal ek elkeen toelaat om vrugte uit sy eie tuin te eet en water uit sy eie put te drink.