2 Kings 18:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die rábsake sê vir hulle: Het my heer my na jou heer en na jou gestuur om hierdie woorde te spreek? Het hy my nie gestuur na die manne wat op die muur sit, dat hulle hul eie mis kan eet en hul eie pis saam met jou kan drink nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die hoofadjudant antwoord: “Dink julle my koning het my net na julle en julle koning toe gestuur met hierdie boodskap? Nee, die manskappe op die muur moet dit hoor, want hulle sal net soos julle hulle eie ontlasting eet en hulle eie urine drink!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die r bsake sê vir hulle: Het my heer my na jou heer en na jou gestuur om hierdie woorde te spreek? Is dit nie na die manne wat op die muur sit, dat hulle hul eie drek kan eet en hul eie water kan drink saam met julle nie? |
| Afrikaans 1983 | Maar die hoofadjudant sê vir hulle: “Dink julle my koning het my net na julle koning en na julle toe gestuur om dié dinge te sê, en nie ook na die manne wat op die muur sit nie? Hulle sal hulle eie ontlasting moet eet en hulle eie urine moet drink, net soos julle!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die rabsakee het vir hulle gesê: “Is dit net na jou heer en na jou wat my heer my gestuur het om hierdie dinge te sê? Is dit nie ook na die manne wat op die stadsmuur sit nie, wat saam met julle hulle ontlasting sal eet en hulle urine sal drink?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die hoof-offisier het gesê: “My koning het my nie gestuur om hierdie boodskap net vir julle koning en vir julle te bring nie. Ek moet die boodskap ook bring vir hierdie mense wat op die muur sit. Hulle sal hulle eie mis moet eet en hulle eie urine moet drink, en julle sal dit ook moet doen.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die hoofgesant het geantwoord: “Dink julle my koning het ons gestuur om net met julle of julle koning te praat? Hy wil hê almal in Jerusalem moet die boodskap hoor. As julle nie oorgee nie, gaan ons julle stad beleër. Die mense van Jerusalem gaan nog so honger en dors word dat hulle hulle eie ontlasting gaan eet en hulle eie water gaan drink!” |