2 Kings 18:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Eljakim, die seun van Hilkía, en Sebna en Joag vir die rábsake: Spreek tog met u dienaars in Aram; want ons verstaan dit, en praat nie met ons in die Joodse taal voor die ore van die volk wat op die muur is nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe sê Eljakim seun van Gilkija, Sebna en Joag vir die hoofadjudant: “Asseblief, praat met ons in Aramees, want ons verstaan dit goed. Moenie in Judees praat nie, want die verdedigers op die muur sal dit verstaan.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê ljakim, die seun van Hilk¡a, en Sebna en Joa aan die r bsake: Praat tog met u dienaars Aramees, want ons verstaan dit; en moenie met ons Joods praat voor die ore van die manskappe wat op die muur is nie.
Afrikaans 1983 Toe sê Eljakim seun van Gilkija, en Sebna en Joag vir die hoofadjudant: “Praat tog asseblief met ons Aramees, ons verstaan dit, maar moenie met ons Judees praat dat die manskappe op die muur dit kan verstaan nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Eljakim, seun van Gilkija, asook Sebna en Joag, sê toe vir die rabsakee: “Praat asseblief •Aramees met u dienaars, want ons verstaan dit. Moenie met ons Judees praat ten aanhore van die manskappe wat op die stadsmuur is nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Eljakim en Sebna en Joag het vir die hoof-offisier gesê: “Jy moet asseblief Aramees praat met ons, dit is 'n taal wat ons verstaan. Jy moenie met ons Judees praat nie, want ons wil nie hê dat die mense op die muur moet verstaan wat jy sê nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Eljakim, Sebna en Joag het by die Assiriese gesant gepleit: “Praat asseblief Aramees met ons, want ons verstaan dit. Moenie Hebreeus praat nie, want ons mense op die mure sal hoor wat u vir ons sê.”