2 Kings 18:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hoe sal jy dan die aangesig van een owerste van die geringste dienaars van my heer afwend en jou vertroue op Egipte stel vir strydwaens en ruiters?
Afrikaans (NLV) 2011 Hoe sal jy weerstand kan bied teen een afdeling, die swakste van my heer se troepe, selfs met die hulp van Egipte se strydwaens en perderuiters?
Afrikaans 1933/1953 Hoe sal jy dan die aanval van 'n enkele goewerneur van my heer se geringste dienaars afslaan? Maar jy vertrou op Egipte vir strydwaens en perderuiters!
Afrikaans 1983 Hoe sal jy weerstand kan bied teen één goewerneur, één van my koning se onbelangrikste amptenare? En dan vertrou jy op Egipte vir strydwaens en perde!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hoe sal jy net een •streekgoewerneur kan terugdryf, een van die onbelangrikste dienaars van my heer, wanneer jy jou vertroue stel op Egipte vir 'n strydwamag en perde?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy kan nie 'n oorlog wen teen een goewerneur nie, teen een van die onbelangrikste amptenare van my koning nie. Maar nou dink jy Egipte kan jou help. Jy dink Egipte kan vir jou oorlogkarre en perde gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy sal met jou weermaggie nie eers teen die swakste afdeling van die Assiriese leër kan veg nie. Selfs al hoop jy dat Egipte se ruiters en strydwaens jou sal kom help, sal julle niks kan uitrig nie.