2 Kings 18:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Gee dan nou tog pand aan my heer die koning van Assirië, en ek sal vir jou twee duisend perde gee as jy van jou kant ruiters op hulle kan aansit.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek sal jou sê! My meester, die koning van Assirië, sal ’n ooreenkoms met jou aangaan: As jy 2 000 ruiters kan voorsien, sal ek jou 2 000 perde gee om op te ry.
Afrikaans 1933/1953 Nou dan, wed tog met my heer, die koning van Assirië, en ek sal jou twee duisend perde gee as jy vir jou ruiters daarop kan lewer.
Afrikaans 1983 Wil jy 'n ooreenkoms aangaan met my koning, die koning van Assirië? Ek gee jou twee duisend perde: sal jy die ruiters vir hulle kan voorsien?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Daarom, gaan gerus 'n weddenskap aan met my heer, die koning van Assirië. Ek sal jou tweeduisend perde gee, as jy in staat is om ruiters vir hulle te voorsien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal vir jou sê wat my koning sal doen, die koning van Assirië. Hy sal vir jou 2 000 perde gee as jy genoeg soldate het om op die perde te ry. Maar jy het nie genoeg soldate nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Kom ons maak ’n weddenskap! My baas, die koning van Assirië, sal vir jou 2 000 perde gee, as jy 2 000 ruiters het om hulle te ry.