2 Kings 18:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as julle vir my sê: Ons vertrou op die HERE onse God, is dit nie Hy wie se hoogtes en wie se altare Hiskía afgeneem het en vir Juda en Jerusalem gesê het: Voor hierdie altaar in Jerusalem moet julle aanbid nie?
Afrikaans (NLV) 2011 “Maar dalk sal julle sê: ‘Ons vertrou op die Here ons God!’ Is Hy dan nie die Een vir wie koning Hiskia beledig het nie? Dis mos al sy hoogtes en altare wat Hiskia afgebreek het en beveel het: ‘Elkeen in Juda moet net by hierdie altaar in Jerusalem aanbid!’
Afrikaans 1933/1953 Maar as julle vir my sê: Ons vertrou op die HERE onse God -- is dit nie Hy wie se hoogtes en wie se altare Hisk¡a verwyder het nie deur aan Juda en Jerusalem te sê: Voor hierdie altaar in Jerusalem moet julle buig?
Afrikaans 1983 En as julle vir my wil sê julle vertrou op die Here julle God, dit is mos Hy wie se hoogtes en altare Hiskia laat verwoes het toe hy vir Juda en Jerusalem gesê het: ‘Julle moet net by hierdie altaar in Jerusalem aanbid.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En as julle vir my sou sê, ‘Op die Here ons God vertrou ons’? Is Hy dan nie die Een wie se offerhoogtes en altare Hiskia verwyder het toe hy vir Juda en Jerusalem gesê het, ‘Voor hierdie altaar in Jerusalem moet julle in aanbidding buig!’ nie?” ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle sê vir my dat julle God die Here julle sal help, maar ek sê Hy sal dit nie doen nie, want Hiskia het julle God se offer-plekke en altare afgebreek. Hiskia het vir die mense van Juda en Jerusalem gesê hulle mag net bid by die brandoffer-altaar in Jerusalem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Of dink julle dalk by julleself: ‘Ons vertrou op die Here, ons God’? Julle spot seker! Hiskia het Hom mos beledig en al sy altare en heilige plekke afgebreek. Toe het Hiskia self beveel: ‘Almal in Juda mag die Here net by die heiligdom in Jerusalem kom aanbid.’