2 Kings 18:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou, kyk, jy vertrou op die staf van hierdie geknakte riet, op Egipte, waarop as iemand steun, dit in sy hand sal ingaan en dit deursteek; so is Farao, die koning van Egipte, met almal wat op hom vertrou.
Afrikaans (NLV) 2011 Is dit op Egipte? Egipte is ’n versplinterde riet wat onder jou gewig breek en ’n gat deur jou hand steek. Dit is wat die farao van Egipte doen met almal wat op hom staatmaak!
Afrikaans 1933/1953 Kyk nou, jy vertrou op die geknakte rietstok, op Egipte, wat, as iemand daarop leun, in sy hand ingaan en dit deurboor; so is Farao, die koning van Egipte, vir almal wat op hom vertrou.
Afrikaans 1983 Jy vertrou op Egipte, op 'n versplinterde riet wat jou in die hand steek en jou seermaak as jy op hom leun. Dit is wat die farao, die koning van Egipte, beteken vir almal wat op hom vertrou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy stel sowaar nou jou vertroue op Egipte, hierdie geknakte rietstaf wat in 'n mens se handpalm steek en dit deurboor wanneer jy daarop leun. So is die farao, die koning van Egipte, vir almal wat op hom vertrou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy dink nou Egipte sal jou help, maar Egipte is soos 'n riet-kierie wat gebreek het. As jy op die riet druk, dan steek dit jou hand stukkend. Die farao, die koning van Egipte, is soos 'n riet-kierie vir almal wat dink dat hy hulle sal help.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Dink jy Egipte gaan jou teen my help? Egipte is net so min werd soos ’n geknakte riet wat ’n mens as kierie probeer gebruik. As jy op hom druk, steek hy deur jou hand. Die koning van Egipte het al sy vriende nog altyd in die steek gelaat.