2 Kings 18:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die rábsake vir hulle: Sê tog met Hiskía: So sê die groot koning, die koning van Assirië: Watter vertroue is dit waarop jy vertrou? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die hoofadjudant van die Assiriese koning stuur toe hierdie boodskap aan koning Hiskia: “Dit is wat die groot koning van Assirië sê: Waarop vertrou jy dat jy so hoopvol is? |
| Afrikaans 1933/1953 | En die r bsake sê vir hulle: Sê tog vir Hisk¡a: So spreek die groot koning, die koning van Assirië! Wat is dit vir 'n vertroue wat jy koester? |
| Afrikaans 1983 | Toe sê die hoofadjudant vir hulle: “Sê vir Hiskia: So sê die groot koning van Assirië: Waarop berus hierdie vertroue van jou? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die rabsakee sê toe vir hulle: “Sê tog vir Hiskia, ‘So sê die opperkoning, die koning van Assirië: “Wat is hierdie bron van vertroue waarop jy staatmaak? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die hoof-offisier het vir hulle gesê: “Julle moet vir koning Hiskia sê ons bring 'n boodskap van die groot koning, die koning van Assirië. Die koning vra vir Hiskia: Hiskia, dink jy iemand kan jou help? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die hoofgesant van die Assiriese koning het die volgende boodskap aan Hiskia gestuur: “Luister na die groot koning van Assirië se boodskap: Op wie vertrou jy miskien dat jy so selfversekerd is? |