2 Kings 18:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die koning van Assirië het Tartan en Rabsaris en Rabsake van Lagis af na koning Hiskia gestuur met 'n groot leër teen Jerusalem. En hulle het opgetrek en in Jerusalem aangekom. En toe hulle opklim, het hulle gekom en gaan staan by die kanaal van die boonste dam wat op die grootpad van die veld van die voller is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nogtans het die koning van Assirië sy hoofbevelvoerder, sy hoofamptenaar en sy hoofadjudant met ’n groot leër vanuit Lakis gestuur na koning Hiskia in Jerusalem. Hulle het tot by Jerusalem opgeruk en stelling ingeneem by die kanaal van die boonste dam, naby die pad na die Bleikveld toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe stuur die koning van Assirië die tartan en die r bsaris en die r bsake uit Lagis met 'n swaar leër na koning Hisk¡a na Jerusalem toe; en hulle het opgetrek en by Jerusalem gekom. En toe hulle optrek en aankom, het hulle gaan staan by die watervoor van die Boonste Dam wat aan die grootpad van die Bleikveld lê. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het die koning van Assirië die hoof van sy leër en sy hoofamptenaar en sy hoofadjudant met 'n groot leërmag uit Lakis na koning Hiskia toe in Jerusalem gestuur. Hulle het na Jerusalem toe opgetrek en toe hulle daar aankom, het hulle posisie ingeneem langs die kanaal van die boonste dam, langs die pad na die Bleikveld toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning van Assirië stuur toe die tartan, die rabsaries en die rabsakee met 'n groot leërmag vanaf Lagis na koning Hiskia in Jerusalem. Hulle het opgetrek en by Jerusalem aangekom. Nadat hulle opgetrek en daar aangekom het, het hulle stelling ingeneem by die watervoor van die boonste dam wat aan die pad na die Bleikveld geleë is, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning van Assirië het sy hoof-offisier en twee ander belangrike offisiere van die stad Lakis na koning Hiskia toe gestuur. Daar was baie soldate saam met die offisiere. Die offisiere het gaan staan by die watersloot uit die boonste dam. Dit was langs die pad na die plek waar die mense altyd die wol gewas het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het die Assiriese koning tog die hoof van sy leër en twee baie hoë amptenare met ’n leërafdeling van Lagis af na Hiskia in Jerusalem gestuur. Die Assiriese afvaardiging het by die watervoor gestop wat water na die boonste dam bring. Dit is naby die pad na die stuk veld waar hulle materiaal gebleik het. |