2 Kings 18:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In dié tyd het Hiskia die goud afgesny van die deure van die tempel van die HERE en van die pilare wat Hiskia, die koning van Juda, oorgetrek het, en dit aan die koning van Assirië gegee.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het selfs op daardie tydstip die goud wat hy self aan die deure en die kosyne van die Here se tempel aangebring het, afgestroop en dit alles aan die Assiriese koning gegee.
Afrikaans 1933/1953 In dieselfde tyd het Hisk¡a die goud van die deure in die tempel van die HERE afgesny en van die deurposte wat Hisk¡a, die koning van Juda, oorgetrek het, en dit aan die koning van Assirië gegee.
Afrikaans 1983 Terselfdertyd moes hy die goudbeslag wat hy self laat aanbring het, van die deure van die tempel van die Here en van die deurposte afstroop om die koning van Assirië te betaal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In dieselfde tyd het Hiskia die deure van die Here se •tempel afgestroop – die goue beslag waarmee Hiskia, koning van Juda, dit oorgetrek het. Hy het dit aan die koning van Assirië oorhandig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hiskia het ook in daardie tyd die goudplaat afgehaal wat hy aan die tempel se deure en aan die deure se rame laat sit het. Hy het dit vir die koning van Assirië gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Om genoeg goud te kry moes hy die goud afhaal wat hy self nog aan die deure en kosyne van die tempel vasgeslaan het. Hy het toe al die silwer en goud aan die koning van Assirië besorg.