2 Kings 18:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hiskía, die koning van Juda, het na die koning van Assirië na Lagis gestuur om te sê: Ek het aanstoot gegee; keer terug van my af; wat U my oplê, sal ek dra. En die koning van Assirië het vir Hiskía, die koning van Juda, drie honderd talente silwer en dertig talente goud aangestel.
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Hiskia stuur toe ’n boodskap aan die koning van Assirië in Lakis: “Ek het verkeerd gedoen. Ek sal betaal watter bedrag u eis, as u maar net die aanval sal staak.” Die koning van Assirië eis toe ’n boete van meer as tien ton silwer en omtrent een ton goud van koning Hiskia van Juda.
Afrikaans 1933/1953 Toe laat Hisk¡a, die koning van Juda, die koning van Assirië na Lagis weet: Ek het gesondig; trek terug van my af weg; wat u my oplê, sal ek lewer. En die koning van Assirië het aan Hisk¡a, die koning van Juda, drie honderd talente silwer en dertig talente goud opgelê.
Afrikaans 1983 Koning Hiskia van Juda het toe vir die koning van Assirië in Lakis laat weet: “Ek het verkeerd gedoen. Trek u manskappe terug, ek sal betaal wat u vra.” Die Assiriese koning het koning Hiskia van Juda toe beboet met iets meer as tien ton silwer en een ton goud.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hiskia, koning van Juda, het toe vir die koning van Assirië by Lagis laat weet: “Ek het verkeerd opgetree, draai van my af weg! Wat u my oplê, sal ek dra.” Die koning van Assirië het toe van Hiskia, koning van Juda, driehonderd kikkar silwer en dertig kikkar goud geëis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Hiskia van Juda het vir die koning van Assirië in die stad Lakis 'n boodskap gestuur. Hiskia het vir hom gesê: “Ek het verkeerd gedoen. Jy moenie teen my oorlog maak nie, ek sal vir jou betaal wat jy vra.” Die koning van Assirië het gesê Hiskia moet 300 talente silwer en 30 talente goud betaal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hiskia het dadelik ’n boodskap na die Assiriese koning in Lagis gestuur. Hy het vir Sanherib gesê: “Ek was verkeerd. Trek tog u leër terug en watter boete u my ook al oplê, sal ek betaal.” Sanherib het toe byna tien ton silwer en ’n ton goud van hom geëis.