2 Kings 18:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat hulle nie na die stem van die HERE hulle God geluister het nie, maar sy verbond oortree het en alles wat Moses, die kneg van die HERE, beveel het, en hulle nie geluister en hulle nie gedoen het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit het gebeur omdat hulle nie geluister het na die Here hulle God nie. Hulle het sy verbond en al die gebooie wat die Here deur sy dienaar Moses gegee het, verbreek. Hulle wou nie daarna luister of dit gehoorsaam nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | omdat hulle nie gehoorsaam was aan die stem van die HERE hulle God nie, maar sy verbond oortree het -- alles wat Moses, die kneg van die HERE, beveel het -- sonder om daarna te luister en te handel. |
| Afrikaans 1983 | Dit was omdat die inwoners van Israel nie gehoorsaam was aan die Here hulle God nie. Hulle het die verbondsverpligtinge wat die Here op hulle gelê het, alles wat Moses die dienaar van die Here hulle beveel het, oortree. Hulle was ongehoorsaam en het die bevele nie uitgevoer nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit het gebeur omdat hulle nie geluister het na die stem van die Here hulle God nie en sy verbond oortree het – alles wat Moses, die dienskneg van die Here beveel het. Hulle het nie geluister nie en dit nie uitgevoer nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit het gebeur omdat die mense van Israel nie gehoorsaam was aan hulle God die Here nie. Hulle het nie gedoen wat die Here in sy verbond gesê het nie. Hulle het ook nie gedoen wat Moses, die dienaar van die Here, gesê het nie. Hulle was ongehoorsaam en hulle het nie gedoen wat hulle moes doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit het gebeur omdat hulle nie gedoen het wat die Here hulle God van hulle verwag het nie. Hulle het die ooreenkoms wat die Here deur sy dienaar Moses met hulle gesluit het, verbreek. Hulle het hulle eenvoudig nie daaraan gesteur nie. |