2 Kings 18:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En aan die einde van drie jaar het hulle dit ingeneem: in die sesde jaar van Hiskía, dit is die negende jaar van Hoséa, die koning van Israel, is Samaria ingeneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Na drie jaar, gedurende die sesde jaar van koning Hiskia se bewind en die negende jaar van koning Hosea se regering in Israel, is Samaria verower. |
| Afrikaans 1933/1953 | en hulle het dit ingeneem aan die einde van drie jaar; in die sesde jaar van Hisk¡a -- dit was die negende jaar van Hos,a, die koning van Israel -- is Samar¡a ingeneem. |
| Afrikaans 1983 | Hy het die stad na drie jaar ingeneem, in die sesde regeringsjaar van Hiskia. In die negende regeringsjaar van koning Hosea van Israel is Samaria verower. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En ná verloop van drie jaar het hy dit ingeneem. In die sesde regeringsjaar van Hiskia – dit was die negende regeringsjaar van Hosea, die koning van Israel – is Samaria ingeneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het die stad ná drie jaar oorwin. Dit was in die sesde jaar nadat Hiskia koning geword het, en in die negende jaar nadat Hosea koning van Israel geword het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Drie jaar later, in Hiskia se sesde jaar en Hosea se negende jaar, het hulle Samaria ingeneem. |