2 Kings 17:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die kinders van Israel het in die geheim gedoen wat nie reg was teen die HERE hulle God nie, en hulle het vir hulle hoogtes gebou in al hulle stede, van die wagtoring af tot by die omheinde stad.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Israeliete het verder in die geheim dinge gedoen wat teen die wil van die Here was. In elke plek waar hulle gewoon het, van wagtorings tot vestingstede, het hulle afgodshoogtes gebou.
Afrikaans 1933/1953 En die kinders van Israel het heimlik volbring wat nie reg was teenoor die HERE hulle God nie; en hulle het vir hul hoogtes gebou in al hulle stede, van wagtoring af tot versterkte stad.
Afrikaans 1983 Die Israeliete het die Here hulle God dinge toegedig wat nie waar is nie en toe vir hulle hoogtes gebou oral waar hulle gewoon het, van plekke af waar net 'n wagtoring was, tot in die vestingstede.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Israeliete het dinge versin oor die Here hulle God wat nie reg is nie. Hulle het vir hulle offerhoogtes gebou in al hulle dorpe, of dit nou by 'n wagtoring of by 'n versterkte stad was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en die mense van Israel het hulle God die Here gedien soos die ander volke hulle gode gedien het. Hulle het offer-plekke gebou by al hulle stede, klein en groot.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Israeliete het al die tyd in die geheim dinge gedoen wat die Here nie goedgekeur het nie. Hulle het: heidense heiligdomme gebou waar hulle ook al gebly het, van die kleinste buitepos tot die grootste ommuurde stad;