2 Kings 17:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het gewandel in die insettinge van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdryf het, en van die konings van Israel wat hulle gemaak het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het geleef soos die ander nasies wat die Here uit die land verdryf het sodat die Israeliete daar kon woon. Hulle het ook opgetree volgens die gebruike wat die konings van Israel ingestel het. |
| Afrikaans 1933/1953 | en gewandel volgens die insettinge van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdryf het, en van die konings van Israel wat dit bewerk het. |
| Afrikaans 1983 | en geleef volgens die gebruike van die nasies wat deur die Here verdryf is om vir die Israeliete plek te maak, gebruike wat deur die konings van Israel nagevolg is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en die voorskrifte gevolg van die nasies wat die Here voor die Israeliete uit verdryf het, en van die konings van Israel wat dit nagekom het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en hulle het dieselfde dinge gedoen wat die ander volke gedoen het. Die Here het daardie volke weggejaag om plek te maak vir die mense van Israel. Die konings van Israel het gedoen soos die konings van ander volke, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het die gebruike gevolg van die heidense volke wat deur die Here uit die land gejaag is om vir Israel plek te maak, gebruike wat gevolg is deur die konings van Israel. |