2 Kings 17:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want so het die kinders van Israel gesondig teen die HERE hulle God wat hulle uit Egipteland laat optrek het, onder die hand van Farao, die koning van Egipte, en ander gode gevrees het,
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie ramp het oor die Israeliete gekom omdat hulle ander gode vereer het. Sodoende het hulle gesondig teen die Here hulle God wat hulle uit Egipte bevry het uit die mag van Farao, die koning van Egipte. Hulle het ander gode gedien.
Afrikaans 1933/1953 Want die kinders van Israel het gesondig teen die HERE hulle God wat hulle uit Egipteland onder die hand van Farao uit, die koning van Egipte, laat optrek het; en hulle het ander gode gevrees
Afrikaans 1983 Dit het gebeur omdat die Israeliete gesondig het teen die Here hulle God wat hulle uit Egipte laat wegtrek het, onder die mag uit van die farao, koning van Egipte. Maar hulle het ander gode vereer
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit het gebeur omdat die Israeliete gesondig het teen die Here hulle God wat hulle uit Egipteland laat optrek het, onder die hand van die farao, die koning van Egipte, uit. Hulle het vir ander gode ontsag gehad
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit het gebeur omdat die mense van Israel sonde gedoen het teen hulle God die Here, die God wat vir hulle uit Egipte laat kom het en wat hulle vrygemaak het van die farao, die koning van Egipte. Die Israeliete het ander gode gedien
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die ramp het Israel getref omdat hulle téén die wil van die Here hulle God opgetree het. Hy het hulle vrygemaak toe hulle in Egipte deur die farao onderdruk is, maar hulle het ander gode aanbid.