2 Kings 17:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In die negende jaar van Hoséa het die koning van Assirië Samaria ingeneem en Israel na Assirië weggevoer en hulle in Hala en in Habor by die rivier van Gosan en in die stede van die Meders geplaas. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In die negende jaar van koning Hosea se bewind het die koning van Assirië Samaria ingeneem en die inwoners in ballingskap na Assirië toe weggevoer. Hulle is in kolonies in Galag, aan die Gaborrivier in Gosan, en in die stede van Medië hervestig. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die negende jaar van Hos,a het die koning van Assirië Samar¡a ingeneem en Israel in ballingskap weggevoer na Assirië en hulle laat woon in Halag en aan die Habor, die rivier van Gosan, en in die stede van Medië. |
| Afrikaans 1983 | In die negende regeringsjaar van Hosea het die koning van Assirië Samaria ingeneem en het hy die Israeliete na Assirië toe weggevoer. Sommige het hy in die stad Galag gevestig, ander aan die Gaborrivier in Gosan, en in die stede van Medië. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die negende regeringsjaar van Hosea het die koning van Assirië Samaria ingeneem en Israel weggevoer na Assirië. Hy het hulle in Galag en aan die Gabor, 'n rivier in Gosan, en ook in dorpe van Medië, laat woon. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In die negende jaar nadat Hosea koning geword het, het die koning van Assirië die stad Samaria oorwin, en hy het die mense van Israel gevang en weggevat na Assirië. Daar het hy hulle laat woon in die stad Galag, by die Gabor-rivier in die land Gosan, en in die stede van Medië. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In die negende jaar wat Hosea regeer het, het die Assiriese koning Samaria ingeneem. Hy het die mense van Israel na Assirië geneem en hulle in die stad Galag, langs die Gaborrivier in Gosan, en in die stede van die Mediërs hervestig. |