2 Kings 17:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hierdie nasies het die HERE gevrees en hulle gesnede beelde gedien, hulle kinders sowel as hulle kindskinders; soos hulle vaders gedoen het, so doen hulle tot vandag toe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie nasies het nie net die Here vereer nie, maar het ook hulle afgodsbeelde vereer. Tot vandag toe maak hulle afstammelinge nog soos hulle voorvaders. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het hierdie nasies dan die HERE gevrees en hulle gesnede beelde gedien; ook hulle kinders en hulle kindskinders doen soos hulle vaders gedoen het, tot vandag toe. |
| Afrikaans 1983 | Hierdie nasies het nie net die Here vereer nie, maar ook hulle eie afgodsbeelde gedien, en tot vandag toe nog volg ook hulle kinders en kleinkinders hulle voorbeeld. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hierdie volksgroepe het vir die Here ontsag gehad, maar hulle gesnede beelde het hulle bly dien. Ook hulle kinders en kleinkinders doen wat hulle voorouers gedoen het; dit is vandag nog so. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daardie mense wat toe in die land Israel kom woon het, het die Here gedien en hulle het ook hulle beelde gedien. Hulle en hulle kinders en hulle kleinkinders het dieselfde gedoen wat hulle voorvaders gedoen het. Hulle doen dit vandag nog. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So het hulle die Here wel vereer, maar tegelyk ook hulle afgode bly dien. Hierin is hulle deur hulle kinders en kleinkinders nagevolg en dit hou vandag nog so aan. |