2 Kings 17:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die koning van Assirië het sameswering in Hoséa gevind, want hy het boodskappers na die koning van Egipte gestuur en geen geskenk aan die koning van Assirië gebring soos hy jaar na jaar gedoen het nie; daarom het die koning van Assirië hom opgesluit en geboei hom in die tronk.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Hosea het teen die koning van Assirië saamgesweer deur koning So van Egipte te vra vir hulp. Hy het ook geweier om die jaarlikse belasting aan die koning van Assirië te betaal. Daarom het koning Salmaneser vir Hosea gevang en in die tronk gesit.
Afrikaans 1933/1953 Maar die koning van Assirië het by Hos,a 'n sameswering ontdek, dat hy boodskappers gestuur het na So, die koning van Egipte, en nie aan die koning van Assirië belasting betaal het soos jaar vir jaar nie; daarom het die koning van Assirië hom opgesluit en hom in die gevangenis laat bind.
Afrikaans 1983 Die koning van Assirië het uitgevind dat Hosea teen hom saamsweer deurdat hy gesante na koning So van Egipte gestuur het en nie die jaarlikse belasting aan die koning van Assirië betaal het nie. Daarom het hy vir Hosea laat vang en hom in die tronk opgesluit,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die koning van Assirië het by Hosea 'n sameswering ontdek, naamlik dat hy boodskappers gestuur het na So, die koning van Egipte, en nie die belasting vir die koning van Assirië geneem het nie, soos wat jaar ná jaar gebeur het. Daarop het die koning van Assirië hom gevange geneem en in die tronk aangehou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Later het die koning van Assirië uitgevind dat Hosea planne maak teen hom en dat hy boodskappers gestuur het na koning So van Egipte om te vra dat koning So hom moet help. Hosea het ook opgehou om belasting te betaal vir die koning van Assirië. Toe het die koning van Assirië vir Hosea laat vang en hy het Hosea in 'n tronk laat toesluit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Koning Hosea het teen Assirië in opstand gekom en twee dinge gedoen: hy het met koning So van Egipte onderhandel oor samewerking en hy het opgehou om sy belasting aan die Assiriërs te betaal. Toe die koning van Assirië dit uitvind, het hy Hosea onmiddellik gevang en in die tronk gegooi.