2 Kings 17:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die insettinge en die verordeninge en die wet en die gebod wat Hy vir julle geskrywe het, moet julle sorgvuldig doen tot in ewigheid; en julle mag ander gode nie vrees nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sorg dat julle al die voorskrifte, bepalings, gebooie en bevele wat Hy vir julle neergeskryf het, gehoorsaam. Julle moenie ander gode dien nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die insettinge en die verordeninge en die wet en die gebod wat Hy julle voorgeskrywe het, moet julle altyd sorgvuldig onderhou, maar ander gode mag julle nie vrees nie. |
| Afrikaans 1983 | Julle moet altyd lewe volgens die voorskrifte, die bepalings, die wet en die gebod wat Hy vir julle neergeskryf het. Moenie ander gode dien nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die vaste voorskrifte, die bepalings, die wet en die gebod wat Hy vir julle neergeskryf het, moet julle altyd noukeurig nakom. Julle mag nie vir ander gode ontsag hê nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en julle moet altyd gehoorsaam wees aan die wette wat Hy vir julle gegee het. Julle moenie ander gode dien nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die wette, reëls en riglyne wat Hy vir julle voorgeskryf het, moet julle gehoorsaam. Julle mag nie ander gode dien nie. |