2 Kings 17:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Met wie die HERE 'n verbond gesluit het en hulle bevel gegee het en gesê het: Julle mag geen ander gode vrees en julle voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien of aan hulle offer nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Want dis met die afstammelinge van Jakob dat die Here ’n verbond gemaak en hulle beveel het: “Moenie enige ander gode vereer, voor hulle buig, hulle dien, of aan hulle offers bring nie.
Afrikaans 1933/1953 Tog het die HERE met hulle 'n verbond gesluit en hulle bevel gegee en gesê: Julle mag geen ander gode vrees of julle voor hulle neerbuig of hulle dien of aan hulle offer nie.
Afrikaans 1983 Dit was met hulle dat die Here 'n verbond gesluit het, vir wie Hy beveel het: “Moenie ander gode vereer nie, moenie voor hulle buig nie, moet hulle nie dien of offers vir hulle bring nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die Here met hulle 'n verbond gesluit het, het Hy hulle beveel: “Julle mag nie vir ander gode ontsag hê, en julle mag nie voor hulle in aanbidding buig nie. Julle mag hulle nie dien nie, en julle mag nie vir hulle offers slag nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en die Here het 'n verbond gemaak met hom. Die Here het vir hulle gesê: “Julle mag nie ander gode dien nie en julle mag nie vir hulle buig nie en julle mag nie vir hulle offer nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het met die nageslag van Jakob ’n ooreenkoms aangegaan. Hy het gesê: “Moenie ander gode op enige manier vereer nie, moenie voor hulle buig of vir hulle offers bring nie.