2 Kings 17:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Tot vandag toe doen hulle volgens die vroeëre gebruike: hulle vrees die HERE nie en doen nie volgens hulle insettinge of volgens hulle verordeninge of volgens die wet en gebod wat die HERE die kinders van Jakob beveel het, wat Hy Israel genoem het nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Tot vandag toe nog beoefen hulle hulle vorige praktyke en is hulle nie gehoorsaam aan die voorskrifte, bepalings, gebooie en bevele wat die Here gegee het vir die afstammelinge van Jakob wie se naam Hy na Israel verander het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Tot vandag toe handel hulle volgens die vroeëre gebruike: hulle vrees die HERE nie, en handel ook nie volgens hulle insettinge en volgens hulle gebruike nie, of volgens die wet en volgens die gebod wat die HERE die kinders van Jakob beveel het, aan wie Hy die naam Israel gegee het. |
| Afrikaans 1983 | Tot vandag toe handhaaf hulle hulle vroeëre gebruike: hulle handel nie presies volgens die voorskrifte, die bepalings, die wet en die gebod wat die Here opgedra het aan die kinders van Jakob nie, dié Jakob aan wie Hy die naam Israel gegee het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Tot vandag toe handhaaf hulle die vroeëre gebruike. Hulle het nie ontsag vir die Here nie, en tree nie op in ooreenstemming met die vaste voorskrifte en bepalings wat hulle ontvang het nie, of ooreenkomstig die wet en gebod wat die Here die nageslag van Jakob, aan wie Hy die naam Israel gegee het, beveel het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle doen dit vandag nog. Hulle dien nie die Here reg nie, want hulle is nie gehoorsaam aan die wette wat die Here gegee het vir die nageslag van Jakob nie. Die Here het vir Jakob die naam Israel gegee |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit gaan vandag nog so aan. Hulle hou by hulle tradisionele gebruike in plaas daarvan om die Here werklik te dien. Hulle behoort sy wette, reëls en riglyne te gehoorsaam, soos Hy dit vir die nageslag van Jakob, wie se naam Hy na Israel verander het, beveel het. |