2 Kings 17:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het die HERE gevrees en hulle eie gode gedien, soos die nasies wat hulle daarvandaan weggevoer het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hoewel hulle die Here vereer het, het hulle voortgegaan om ook die godsdienstige gebruike van die nasies waaruit hulle gekom het, te beoefen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle het die HERE gevrees en hulle eie gode gedien volgens die gebruik van die nasies waar hulle vandaan weggevoer is. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het die Here vereer en ook hulle eie gode gedien volgens die gebruik van die heidennasies waaruit hulle weggevoer is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vir die Here het hulle ontsag gehad, maar hulle eie gode het hulle bly dien in ooreenstemming met die gebruik van die nasies waarvandaan hulle weggevoer is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense het die Here gedien, maar hulle het ook hulle eie gode gedien soos hulle altyd gedoen het in die lande van waar hulle gekom het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Terwyl hulle die Here gedien het, het hulle ook aangehou met die godsdienstige gebruike waaraan hulle voorheen gewoond was. |