2 Kings 17:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het die HERE gevrees en vir hulle uit die laagste van hulle priesters van die hoogtes aangestel wat vir hulle in die huise van die hoogtes geoffer het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie inwoners het wel die Here vereer, maar het tog uit eie geledere priesters aangestel om in die heiligdomme op die hoogtes diens te doen.
Afrikaans 1933/1953 Hulle het die HERE ook gevrees en vir hulle priesters van die hoogtes uit al hul stande aangestel, wat vir hulle in die tempels van die hoogtes diens doen.
Afrikaans 1983 Terselfdertyd het hulle die Here vereer en uit hulle eie geledere priesters vir die hoogtes aangewys om vir hulle diens te doen in die heiligdomme op die hoogtes.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het ook vir die Here ontsag gehad, maar hulle het vir hulleself uit eie geledere priesters vir die offerhoogtes aangestel, en dié het vir hulle diens gedoen in die tempels op die offerhoogtes.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar hierdie mense het ook die Here gedien en hulle het hulle eie priesters gekies en aangestel. Die priesters het gewerk in die tempels by die offer-plekke.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die nuwe mense het die Here ook vereer, maar hulle het self vir hulle priesters aangestel om by die heilige plekke vir hulle offers te bring.