2 Kings 17:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Salmaneser, die koning van Assirië, het teen hom opgetrek; en Hoséa het sy dienaar geword en hom geskenke gegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe koning Salmaneser van Assirië teen hom optrek, het koning Hosea hom aan die koning van Assirië onderwerp en jaarliks belasting aan hom betaal. |
| Afrikaans 1933/1953 | Teen hom het Salman,ser, die koning van Assirië, opgetrek, en Hos,a het sy dienaar geword en aan hom belasting betaal. |
| Afrikaans 1983 | Toe koning Salmaneser van Assirië teen hom opgeruk het, het hy hom aan die koning van Assirië onderwerp en aan hom belasting betaal. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is hy teen wie Salmaneser, die koning van Assirië, opgetrek het. Hosea het sy onderdaan geword en was aan hom skatpligtig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe koning Salmaneser van Assirië kom om hom aan te val, het Hosea gesê hy sal die koning van Assirië dien, en Hosea het toe begin om elke jaar belasting te betaal vir die koning van Assirië. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Koning Salmaneser van Assirië het teen Israel oorlog kom maak. Hosea het hom aan Salmaneser onderwerp en begin om jaarliks belasting te betaal. |