2 Kings 17:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar elke nasie het uit sy eie gode gemaak en dit in die huise van die hoogtes gesit wat die Samaritane gemaak het, elke nasie in hulle stede waarin hulle gewoon het.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar elkeen van die nasies het tog voortgegaan om ook hulle eie afgode te maak in die stede en dorpe waar hulle gewoon het. Hulle het dit neergesit in die tempels op die hoogtes wat die mense van Samaria destyds opgerig het.
Afrikaans 1933/1953 Maar hulle het, elke nasie, sy eie god gemaak en in die tempels van die hoogtes opgestel wat die Samaritane gebou het; elke nasie in hul stede waarin hulle woonagtig was:
Afrikaans 1983 Tog het elke nasie nog maar sy eie afgodsbeelde gemaak en dit gaan neersit in die tempels op die hoogtes wat deur die mense van Samaria gebou is, elke nasie in die stede waar hy gewoon het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het egter, nasie vir nasie, steeds hulle eie gode gemaak en in die tempels op die offerhoogtes neergesit, die offerhoogtes wat die mense van Samaria gebou het – nasie vir nasie in hulle dorpe waar hulle gewoon het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar al die mense wat in die land Israel kom woon het, het ook nog aangehou om vir hulleself gode te maak, en hulle het die gode gesit in die tempels by die offer-plekke wat die mense van Samaria gebou het. Die mense van die verskillende volke het dit gedoen in die stede waar hulle gewoon het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense uit die vreemde volke het egter aangehou om ook elkeen hulle eie gode te dien in die stede waar hulle te lande gekom het. Hulle het beelde van hulle eie gode by die heilige plekke wat die Israeliete nog gebou het, gaan neersit.