2 Kings 17:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die koning van Assirië bevel gegee en gesê: Dra een van die priesters wat julle daarvandaan gebring het, daarheen; en laat hulle gaan en daar woon, en laat Hy hulle die manier van die God van die land leer.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning van Assirië beveel toe: “Stuur een van die priesters wat uit Samaria weggevoer is daarheen terug. Hy moet daar gaan woon en die nuwe inwoners leer aangaande die godsdienstige gebruike ter ere van die God van die land.”
Afrikaans 1933/1953 Toe gee die koning van Assirië bevel en sê: Bring een van die priesters daarheen wat julle daarvandaan weggevoer het, dat hulle daar kan gaan woon en dat hy hulle die verpligting teenoor die God van die land kan leer.
Afrikaans 1983 Toe het die koning van Assirië opdrag gegee dat hulle een van die priesters wat uit Israel weggevoer is, soontoe moet bring. Hy het soontoe gegaan en daar gaan woon om hulle die regte verering van die God van die land te leer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning van Assirië het toe opdrag gegee: “Laat een van die priesters wat julle daarvandaan weggevoer het, daarheen terugkeer. Hy moet gaan en hom daar vestig, sodat hy hulle die wet van die God van die land kan leer.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning van Assirië het toe gesê: “Julle moet een van die priesters wat julle daar gevang en weggevat het, laat teruggaan. Julle moet die priester daar in die land Israel laat woon sodat hy vir die mense die wette van die God van die land kan leer.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Assiriese koning het toe beveel: “Stuur een van die priesters wat uit Samaria weggevoer is terug Israel toe. Hy kan die nuwe mense leer hoe om die God van die land reg te eer.”