2 Kings 17:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het hulle met die koning van Assirië gespreek en gesê: Die nasies wat U in die stede van Samaria verdryf en laat woon het, ken nie die manier van die God van die land nie; daarom het Hy leeus onder hulle gestuur, en kyk, hulle maak hulle dood, want hulle ken nie die manier van die God van die land nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom stuur hulle toe ’n boodskap na die koning van Assirië: “Die nasies wat u in die dorpe van Samaria hervestig het, weet nie hoe om die God van die land te aanbid nie. Hy het leeus onder hulle losgelaat wat hulle doodmaak omdat hulle nie weet hoe hulle Hom moet vereer nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het hulle aan die koning van Assirië gesê: Die nasies wat u weggevoer en in die stede van Samar¡a laat woon het, ken nie die verpligting teenoor die God van die land nie; daarom het Hy leeus onder hulle gestuur, en kyk, die maak hulle dood, omdat hulle die verpligting teenoor die God van die land nie ken nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe is die koning van Assirië meegedeel: “Die nasies wat deur u weggevoer en in die stede van Samaria gevestig is, weet nie hoe hulle die God van die land moet vereer nie. Nou het Hy leeus op hulle losgelaat wat hulle doodgemaak het. Dit het gebeur net omdat hulle nie presies weet watter verering hulle aan die God van die land verskuldig is nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het vir die koning van Assirië gesê: “Die nasies wat u weggevoer en in die dorpe van Samaria gevestig het, ken nie die wet van die God van die land nie. Daarom het Hy leeus onder hulle ingestuur en kyk, dié maak hulle dood omdat hulle niks weet van die wet van die God van die land nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Party mense het toe vir die koning van Assirië 'n boodskap gestuur en gesê: “Jy het volke gevang en weggevat en jy het hulle in die stede van Samaria laat woon. Daardie volke ken nie die wette van die God van die land nie, en Hy het toe leeus gestuur om hulle dood te byt omdat hulle nie die wette van die God van die land ken nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die volgende boodskap is toe na die koning van Assirië gestuur: “Die mense wat u in die omgewing van Samaria hervestig het, weet nie hoe om die God van die land te eer nie. Nou het Hy leeus gestuur wat onder hulle maai omdat hulle Hom nie reg dien nie.” |