2 Kings 17:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En so was dit aan die begin van hulle verblyf daar dat hulle die HERE nie gevrees het nie; daarom het die HERE leeus onder hulle gestuur wat sommige van hulle doodgemaak het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Omdat hierdie vreemdelinge nie die Here vereer het toe hulle daar aangekom het nie, het die Here leeus gestuur wat sommige van hulle doodgemaak het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En in die begin van hulle vestiging daar het hulle die HERE nie gevrees nie. Toe stuur die HERE leeus onder hulle, en die het onder hulle sommige gedood. |
| Afrikaans 1983 | Aan die begin van hulle verblyf het hulle die Here nie vereer nie, daarom het die Here leeus op hulle losgelaat wat onder hulle gemaai het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Aan die begin van hulle verblyf het hulle nie vir die Here ontsag gehad nie. Die Here het toe leeus onder hulle ingestuur, wat aanmekaar van hulle doodgemaak het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe hulle daar kom woon het, het hulle eers nie die Here gedien nie, en die Here het leeus gestuur om party van hulle dood te maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Aan die begin het die nuwe inwoners nie die Here gedien nie. Hy het toe leeus onder hulle ingestuur om party van hulle dood te maak. |