2 Kings 17:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Totdat die HERE Israel van sy aangesig verwyder het, soos Hy deur al sy dienaars, die profete, gesê het. So is Israel dan uit hulle land weggevoer na Assirië tot vandag toe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Uiteindelik het die Here hulle finaal verwyder, net soos Hy deur al sy dienaars die profete gewaarsku het. Israel is uit hulle land weggevoer na Assirië toe, waar hulle vandag nog is. |
| Afrikaans 1933/1953 | totdat die HERE Israel van sy aangesig verwyder het soos Hy gespreek het deur al sy diensknegte, die profete; en Israel is in ballingskap uit sy land weggevoer na Assirië, tot vandag toe. |
| Afrikaans 1983 | Uiteindelik het die Here hulle laat vaar soos Hy hulle deur al sy dienaars, die profete, gewaarsku het. Hy het Israel uit sy land na Assirië toe laat wegvoer, waar hulle vandag nog is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | totdat die Here Israel uit sy teenwoordigheid verwyder het, soos wat Hy by monde van al sy diensknegte, die profete, gespreek het. Israel is van sy grond af weggevoer na Assirië; dit is vandag nog so. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | totdat die Here die mense van Israel weggegooi het. Die Here het hulle voorheen gewaarsku dat Hy dit sal doen toe Hy al sy dienaars die profete na hulle toe gestuur het. Die vyande het die mense van Israel gevang en weggevat uit hulle land, en die mense van Israel is vandag nog in Assirië. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | totdat die Here besluit het om hulle te verwerp. Dít is waaroor die profete, sy dienaars, Israel altyd gewaarsku het. Israel is toe weggeneem na die Assiriërs se land toe en dit is waar hulle vandag nog is. |