2 Kings 17:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hy het Israel van die huis van Dawid geskeur; en hulle het Jeróbeam, die seun van Nebat, koning gemaak, en Jeróbeam het Israel agter die HERE weggedryf en hulle 'n groot sonde laat doen.
Afrikaans (NLV) 2011 Want toe Hy Israel van die koninkryk van Dawid afgeskeur het, het hulle Jerobeam seun van Nebat koning oor hulle gemaak. Maar Jerobeam het Israel weggelok van die Here af en hulle baie laat sondig.
Afrikaans 1933/1953 Want Hy het Israel van die huis van Dawid afgeskeur, en hulle het Jerobeam, die seun van Nebat, koning gemaak; en Jerobeam het Israel agter die HERE weggetrek en hulle 'n groot sonde laat doen.
Afrikaans 1983 Hy het Israel afgeskeur van die koningshuis van Dawid, sodat hulle Jerobeam seun van Nebat koning gemaak het. Jerobeam het Israel van die Here losgemaak en hulle tot vreeslike sondes verlei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want Hy het Israel van die huis van Dawid afgeskeur, en hulle het Jerobeam, seun van Nebat, koning gemaak. Jerobeam het Israel van die Here af weggedryf en hulle groot sonde laat doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, die Here het Israel afgeskeur van die koningshuis van Dawid, en die mense van Israel het vir Jerobeam seun van Nebat koning gemaak. Jerobeam het die mense van Israel laat ophou om gehoorsaam te wees aan die Here, hy het hulle 'n groot sonde laat doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die Here destyds vir Israel van die koninkryk van Dawid laat wegbreek het, het hulle Jerobeam, die seun van Nebat, koning gemaak. Hy het die Israeliete van die Here af weggelei en hulle afgode laat dien.