2 Kings 17:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het die hele geslag van Israel verwerp en hulle verdruk en hulle in die hand van verwoesters oorgegee totdat Hy hulle van sy aangesig weggewerp het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het toe die hele nageslag van Israel verwerp. Hy het hulle gestraf deur hulle oor te gee aan die plunderaars totdat Hy Israel van Hom af verwyder het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom het die HERE die hele geslag van Israel verwerp en hulle verneder en hulle in die hand van rowers oorgegee totdat Hy hulle van sy aangesig weggewerp het. |
| Afrikaans 1983 | Daarom het die Here die hele nageslag van die aartsvader Israel verwerp. Die Here het hulle verdruk deur hulle oor te gee in die mag van plunderaars totdat Hy hulle finaal verwerp het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het die hele nageslag van Israel verwerp. Hy het hulle verneder en in die hand van plunderaars oorgegee, totdat Hy hulle uit sy teenwoordigheid uitgeban het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het gesê die hele nageslag van Israel behoort nie meer aan Hom nie. Die Here het hulle laat swaarkry en Hy het mense in die land laat kom wat hulle goed kom vat het. En toe het die Here hulle heeltemal weggegooi. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het toe Israel se hele nageslag verwerp. Hy het hulle gestraf deur hulle oor te gee aan hulle vyande totdat dié hulle vernietig het. |