2 Kings 17:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom was die HERE baie toornig op Israel en het hulle van sy aangesig verwyder; daar het niemand oorgebly nie, behalwe die stam van Juda alleen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here was so ontevrede met Israel dat Hy hulle van Hom verstoot het. Net die stam Juda het oorgebly. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het die HERE dan baie toornig op Israel geword, sodat Hy hulle van sy aangesig verwyder het; niks het oorgebly nie as net die stam van Juda alleen. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het so toornig op Israel geword dat Hy hulle verwerp het. Net die stam Juda het oorgebly. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het baie toornig geword op Israel en hulle uit sy teenwoordigheid verwyder. Niemand het oorgebly nie – slegs die stam van Juda. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het baie kwaad geword vir die mense van Israel en Hy het hulle weggegooi. Net die Juda-stam het oorgebly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In sy woede het die Here besluit om Israel te vernietig. Al wat oorgebly het, was die stam van Juda. |