2 Kings 17:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het al die gebooie van die HERE hulle God verlaat en vir hulle gegote beelde gemaak, twee kalwers, en 'n bos gemaak en die hele leër van die hemel aanbid en Baäl gedien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het al die gebooie van die Here hulle God geïgnoreer en vir hulle twee kalwerbeelde gegiet. Hulle het ook ’n Asjerabeeld gemaak, voor die hemelliggame gebuig en vir Baäl gedien. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het al die gebooie van die HERE hulle God verlaat en vir hulle gegote beelde, twee kalwers, gemaak, ja, 'n heilige boomstam gemaak en gebuig voor die hele leër van die hemel en Baäl gedien. |
| Afrikaans 1983 | Al die gebooie van die Here hulle God het hulle links laat lê: hulle het twee kalwerbeelde laat giet, 'n Asjerabeeld gemaak, voor elke hemelliggaam gebuig en vir Baäl gedien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het al die gebooie van die Here hulle God verontagsaam en vir hulle gegote beelde gemaak – daardie twee kalwers! Hulle het 'n asjera gemaak. Hulle het voor al die hemelliggame in aanbidding gebuig en Baäl gedien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle was ongehoorsaam aan al die wette van hulle God die Here. Hulle het twee kalfbeelde gemaak en hulle het 'n gewyde paal ingeplant. Hulle het gebuig voor die son en die maan en al die sterre, en hulle het vir Baäl gedien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het al die wette van die Here, hulle God, oortree deur: twee kalwerbeelde te laat maak; ’n afbeelding van die godin Asjera te laat maak; voor die hemelgode neer te buig; die god Baäl te vereer; |