2 Kings 17:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het sy insettinge en sy verbond wat Hy met hulle vaders gesluit het, en sy getuienisse wat Hy teen hulle getuig het, verwerp; en hulle het die nietigheid gevolg en ydel geword en agter die nasies aan gegaan wat rondom hulle was, aangaande wie die HERE hulle beveel het om nie soos hulle te doen nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het sy voorskrifte en sy verbond wat Hy met hulle voorvaders gemaak het, verwerp en die rug gedraai op al sy waarskuwings. Hulle het waardelose afgode aanbid en het self waardeloos geword. Hulle het gelewe net soos die nasies rondom hulle hoewel die Here gesê het: “Moenie soos hulle maak nie!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het sy insettinge en sy verbond verwerp wat Hy met hulle vaders gesluit het, en sy getuienisse waarmee Hy hulle gewaarsku het, en agter nietige afgode aan geloop en self nietig geword, en agter die nasies aan wat rondom hulle was, van wie die HERE hulle beveel het om nie soos hulle te maak nie. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het sy voorskrifte en sy verbond verwerp wat Hy met hulle voorvaders gemaak het. Sy waarskuwings het hulle in die wind geslaan, hulle het agter afgode aangeloop wat niks is nie en so het hulle self niks geword. Hulle het geleef net soos die heidennasies om hulle, iets wat die Here hulle beveel het om nie te doen nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het sy vaste voorskrifte en sy verbond wat Hy met hulle voorouers gesluit het, verwerp, ja, sy bepalings waardeur Hy hulle gewaarsku het. Hulle het agter nuttelose afgode aangeloop en self nutteloos geword. Hulle het die nasies wat rondom hulle was, gevolg – nasies oor wie die Here hulle opdrag gegee het om nie soos hulle te maak nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle was ongehoorsaam aan sy wette en sy verbond wat Hy met hulle voorvaders gemaak het. Hulle het nie geluister toe Hy hulle gewaarsku het nie. Hulle het gode gedien wat vir hulle niks kon doen nie, en hulle, die mense van Israel, het self geword soos daardie gode. Die Here het gesê hulle moenie soos die ander volke doen nie, maar hulle het gedoen soos die ander volke. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het: die Here se reëls verwerp; sy ooreenkoms met hulle voorouers verwerp; sy waarskuwings in die wind geslaan; nikswerd gode vereer en net so dwaas geword soos hulle; opgetree soos die volke rondom hulle, al het die Here hulle verbied om dit te doen. |