2 Kings 17:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hulle het nie geluister nie, maar hulle nek verhard soos die nek van hulle vaders wat nie in die HERE hulle God geglo het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die Israeliete wou nie luister nie. Hulle was net so koppig soos hulle voorvaders wat nie op die Here hulle God vertrou het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hulle het nie geluister nie en hul nek verhard soos die nek van hul vaders wat nie op die HERE hulle God vertrou het nie. |
| Afrikaans 1983 | Maar hulle wou nie luister nie; hulle was net so hardkoppig soos hulle voorvaders wat ook nie op die Here hulle God vertrou het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar hulle het nie geluister nie. Hulle was so hardnekkig soos hulle voorouers, wat hulle vertroue nie gestel het in die Here hulle God nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die mense van Israel wou nie luister nie, hulle was hardkoppig soos hulle voorvaders. Hulle voorvaders het nie geglo dat die Here sal doen wat Hy sê nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar hulle het nie geluister nie. Hulle was net so hardkoppig soos hulle voorouers en het ook nie in die Here hulle God geglo nie. |