2 Kings 17:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar het hulle rook laat opgaan op al die hoogtes, net soos die nasies gedoen het wat die HERE voor hulle uit weggevoer het; en goddelose dinge gedoen om die HERE tot toorn te terg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het op al die hoogtes wierook gebrand net soos die nasies wat die Here voor hulle uit verjaag het. Hulle het bose dinge gedoen wat die Here uitgetart het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het daar offerrook laat opgaan, op al die hoogtes, soos die nasies wat die HERE voor hulle uit weggevoer het, en verkeerde dinge gedoen om die HERE te terg. |
| Afrikaans 1983 | Op elke hoogte het hulle wierookoffers gebring net soos die nasies wat deur die Here verdryf is om vir die Israeliete plek te maak. Met die verkeerde dinge wat hulle gedoen het, het hulle die Here uitgetart. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het daar op al die offerhoogtes offers verbrand, net soos die nasies wat die Here in ballingskap voor hulle uit verdryf het. Hulle het verkeerde dinge gedoen en so die Here uitgetart. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het wierook gebrand by al die offer-plekke, hulle het gedoen soos die ander volke. Die Here het daardie volke gevang en weggevat om plek te maak vir die mense van Israel. Maar die Israeliete het slegte dinge gedoen en hulle het die Here kwaad gemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | net soos die mense wat voor hulle in die land gewoon het, offers by die heilige plekke gebrand (só het hulle die Here al hoe kwater gemaak vir hulle); |