2 Kings 16:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die koning van Assirië het na hom geluister, want die koning van Assirië het teen Damaskus opgetrek en dit ingeneem en sy mense in ballingskap na Kir weggevoer en Resin gedood.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning van Assirië het toe so gemaak en teen Damaskus, hoofstad van die Arameërs, opgetrek en dit ingeneem. Hy het die inwoners as gevangenes weggeneem en hulle in Kir hervestig. Hy het ook koning Resin doodgemaak.
Afrikaans 1933/1953 En die koning van Assirië het na hom geluister, en die koning van Assirië het teen Damaskus opgetrek en dit verower en hulle in ballingskap weggevoer na Kir en Resin gedood.
Afrikaans 1983 Die koning van Assirië het aan sy versoek voldoen en teen Damaskus opgetrek. Hy het die stad verower en die bevolking na Kir toe weggevoer; vir Resin het hy doodgemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning van Assirië het toe aan sy versoek voldoen. Die koning van Assirië het teen Damaskus opgetrek en dit verower. Die stad se inwoners het hy weggevoer na Kir, en Resin het hy doodgemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning van Assirië het gedoen wat Agas gevra het. Hy het die stad Damaskus aangeval en gevat. Hy het die mense van die stad gevang en weggevat na die land Kir en hy het vir Resin doodgemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Tiglat-Pileser het besluit om Agas te help. Hy het die Aramese hoofstad Damaskus aangeval en die inwoners na Kir weggevoer. Hy het ook vir koning Resin doodgemaak.