2 Kings 16:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Agas het die silwer en goud geneem wat in die huis van die HERE en in die skatte van die huis van die koning te vinde was, en dit as geskenk aan die koning van Assirië gestuur. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Agas vat toe die silwer en goud wat in die tempel van die Here en die paleis se skatkamers was en stuur dit as geskenk aan die Assiriese koning. |
| Afrikaans 1933/1953 | Tegelykertyd neem Agas die silwer en die goud wat te vinde was in die huis van die HERE en in die skatkamers van die huis van die koning en stuur dit as 'n geskenk aan die koning van Assirië. |
| Afrikaans 1983 | Agas het die silwer en die goud wat in die huis van die Here en in die skatkamers van die paleis was, gevat en as geskenk aan die koning van Assirië gestuur. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Agas het die silwer en goud wat te vinde was in die huis van die Here en in die skatkamers van die koninklike paleis, geneem en as 'n geskenk aan die koning van Assirië gestuur. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Agas het die silwer en die goud gevat wat hy in die tempel kon kry, en hy het vir die koning van Assirië 'n present gestuur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Agas het die silwer en goud wat oor was in die Here se tempel en die stoorkamers van die paleis bymekaargemaak en dit as ’n geskenk aan die Assiriese koning gestuur. |