2 Kings 16:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe stuur Agas boodskappers na Tiglat-Pileser, die koning van Assirië, om te sê: Ek is u dienaar en u seun; kom op en red my uit die hand van die koning van Aram en uit die hand van die koning van Israel wat opstaan het teen my. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Koning Agas stuur toe boodskappers na Tiglat-Pileser van Assirië met die boodskap: “Ek is u onderdaan en u seun. Kom en red my uit die mag van die koning van Aram en die koning van Israel, want hulle val my aan.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Agas stuur toe boodskappers na Tiglat-Pil,ser, die koning van Assirië, om te sê: Ek is u dienaar en u seun; kom op en verlos my uit die hand van die koning van Aram en uit die hand van die koning van Israel wat teen my optree. |
| Afrikaans 1983 | Toe stuur Agas 'n boodskap na koning Tiglat-Pileser van Assirië: “Ek is u onderdaan en seun. Ruk op en bevry my uit die mag van die koning van Aram en van die koning van Israel, hulle val my aan.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Agas het boodskappers na Tiglat-Pileser, die koning van Assirië, gestuur om vir hom te sê: “Ek is u dienaar en u seun. Trek op en verlos my uit die greep van die koning van Aram en uit die greep van die koning van Israel wat teen my opstaan.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Agas het boodskappers gestuur na koning Tiglat-Pileser van Assirië en hy het vir hom gesê: “Ek sal alles doen wat jy sê, ek sal jou respekteer. Kom asseblief en red my van die koning van Aram en van die koning van Israel. Hulle val my aan.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Koning Agas het boodskappers na Tiglat-Pileser, die koning van Assirië, gestuur en vir hom gesê: “Ek is u dienaar en u onderdaan. Kom help my asseblief om die Arameërs en Israeliete se aanval af te slaan.” |