2 Kings 16:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In dié tyd het Resin, die koning van Aram, Elat na Aram teruggebring en die Jode uit Elat verdryf; en die Arameërs het in Elat gekom en daar gebly tot vandag toe.
Afrikaans (NLV) 2011 In daardie tyd het koning Resin van Aram die stad Elat vir Aram herower, die Judeërs daaruit verdryf en Arameërs gestuur om daar te woon. Dit is nog so tot vandag toe.
Afrikaans 1933/1953 In dieselfde tyd het Resin, die koning van Aram, Elat aan Aram gebring en die Jode uit Elat verdrywe; en die Edomiete het in Elat gekom en daar gaan woon tot vandag toe.
Afrikaans 1983 In daardie tyd het koning Resin van Aram die stad Elat vir Aram herower en die Judeërs daaruit verdryf. Arameërs het in Elat ingetrek en woon tot vandag toe daar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In daardie tyd het Resin, die koning van Aram, Elat herower vir Aram, en die Judeërs uit Elat uitgedryf. Die Edomiete het toe Elat binnegegaan en daar gaan woon; dit is vandag nog so.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was in die tyd toe koning Resin van Aram die stad Elat teruggevat het. Elat het toe weer aan Aram behoort. Resin het die Judeërs daar weggejaag. Daar het toe Arameërs na Elat gekom, en hulle woon vandag nog daar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Resin het egter Elat vir Aram teruggeneem en die Judeërs daaruit verjaag. Daar het toe Edomiete in die stad gaan bly. Hulle woon vandag nog daar.