2 Kings 16:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Resin, die koning van Aram, en Peka, die seun van Remalja, die koning van Israel, na Jerusalem opgetrek om oorlog te voer, en hulle het Agas beleër, maar kon hom nie oorwin nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Resin van Aram en koning Peka seun van Remalja van Israel het teen Agas oorlog verklaar. Hulle het Jerusalem beleër, maar dit nie verower nie.
Afrikaans 1933/1953 Toe het Resin, die koning van Aram, en Peka, die seun van Rem lia, die koning van Israel, opgetrek na Jerusalem om te veg, en hulle het Agas ingesluit; maar hulle kon nie veg nie.
Afrikaans 1983 Destyds het koning Resin van Aram en koning Peka van Israel, seun van Remalja, opgetrek om teen Jerusalem te veg. Hoewel hulle vir Agas beleër het, kon hulle nie 'n geveg afdwing nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In dié tyd het Resin, die koning van Aram, en Peka, seun van Remalja, die koning van Israel, opgetrek na Jerusalem vir 'n geveg. Hulle het Agas beleër, maar hulle kon nie 'n geveg afdwing nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In die tyd toe Agas koning was, het Resin koning van Aram en Peka, seun van Remalja en koning van Israel, gekom om oorlog te maak teen Jerusalem. Hulle het hulle tente opgeslaan rondom die stad en hulle wou die stad aanval, maar hulle soldate kon nie in die stad inkom en begin oorlog maak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In daardie tyd het Resin, die koning van Aram, en Peka, die koning van Israel en seun van Remalja Juda aangeval. Hulle het Jerusalem beleër, maar kon nie die stad inneem nie.