2 Kings 16:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hy het gewandel in die weg van die konings van Israel, ja, en sy seun deur die vuur laat gaan, volgens die gruwels van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdryf het.
Afrikaans (NLV) 2011 In plaas daarvan het hy die voorbeeld van die konings van Israel gevolg en selfs sy seun as offer verbrand. Hy het die afskuwelike praktyke van die heidennasies wat die Here voor die Israeliete uit die land verdryf het, nagevolg.
Afrikaans 1933/1953 Maar hy het gewandel in die weg van die konings van Israel; ja, hy het selfs sy seun deur die vuur laat deurgaan volgens die gruwels van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdryf het.
Afrikaans 1983 Hy het die pad geloop van die konings van Israel. Hy het selfs sy seun verbrand volgens die afskuwelike gebruike van die heidennasies wat deur die Here voor die Israeliete uit verdryf is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het die pad van die konings van Israel gevolg. Hy het selfs sy seun in die vuur geoffer, soos die afstootlike gebruike was van die nasies wat die Here voor die Israeliete uit verdryf het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het gedoen soos die konings van Israel, en hy het ook sy seun verbrand. Dit was een van die slegte dinge wat party van die ander volke gedoen het. Die Here het daardie volke weggejaag om plek te maak vir die Israeliete.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het dieselfde dinge gedoen as die konings van Israel en selfs verder gegaan. Hy het sy seun as ’n offer laat verbrand en so die afstootlike praktyke gevolg van die volke wat voor die Israeliete in die land gewoon het en wat deur die Here uit die land verdryf is.