2 Kings 16:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die skuilplek vir die sabbat wat hulle in die huis gebou het, en die koning se ingang na buite, het hy van die huis van die HERE afgekeer vir die koning van Assirië. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het die oordekte gang vir die Sabbat wat hulle by die tempel gebou het, asook die buitenste ingang vir die koning, uit ontsag vir die koning van Assirië uit die tempelkompleks verwyder. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die oordekte gang vir die sabbat wat by die tempel gebou is, en die buitenste ingang van die koning, het hy uit die huis van die HERE verwyder ter wille van die koning van Assirië. |
| Afrikaans 1983 | Die oordekte gang vir die sabbat wat hulle by die tempel gebou het, en die buitenste ingang vir die koning het hy ter wille van die koning van Assirië van die huis van die Here af verwyder. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die baldakyn wat hulle vir die Sabbat by die tempel aangebou het en die buitenste ingang vir die koning, het hy van die huis van die Here verwyder, ter wille van die koning van Assirië. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het die pilaargang weggeneem wat hulle vir die Sabbatdag gebou het en ook die ingang waar die koning van buite ingegaan het na die tempel. Hy het gedoen wat die koning van Assirië wou hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Om sy ondergeskiktheid aan die Assiriese koning te bewys, het Agas die oordekte gang wat vroeër by die tempel aangebou is en net deur die koning op die sabbatdae gebruik is, laat afbreek. Hy het ook die spesiale koninklike ingang tot die tempel laat toemaak. |