2 Kings 16:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En koning Agas het die grense van die afspoelwaentjies afgesny en die waskom daarvan verwyder; en hy het die see van die koperbeeste afgehaal wat daaronder was, en dit op 'n plaveisel van klippe gesit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Koning Agas het die sluitplate van die waentjies verwyder, die waskomme weggevat, die waterbak opgelig waar dit op die gegote bronsbeeste gerus het en dit op ’n klipvloer neergesit. |
| Afrikaans 1933/1953 | En koning Agas het die sluitplate van die afspoelwaentjies weggesny en die waskom van hulle afgeneem, en die see het hy van die koperbeeste wat daaronder was, afgelig en dit op 'n klipvloer gesit. |
| Afrikaans 1983 | Koning Agas het die sluitplate van die waentjies verwyder en die waskomme van hulle af geneem en die waterbak het hy opgelig van die beeste af wat van brons gemaak is, en op 'n klipvloer gesit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Koning Agas het die rame van die verskuifbare staanders verwyder en die waskomme daarvan afgehaal. Die see het hy afgetel van die bronsbeeste wat daaronder was, en dit op 'n klipvloer neergesit. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning Agas het die plate van die kante van die waentjies laat afhaal en hy het dit weggeneem. Hy het die waterbak van die brons-beeste afgehaal en hy het dit op plat klippe laat neersit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Agas het ook die syplate en wasbakke van die waterwaentjies weggevat. Hy het ook die groot waterbak, die “See”, van die beesbeelde van brons waarop dit gerus het, afgehaal en op die klipvloer neergesit. |