2 Kings 16:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En koning Agas het die priester Uria bevel gegee en gesê: Brand op die groot altaar die môrebrandoffer en die aandspysoffer en die koning se brandoffer en sy spysoffer, saam met die brandoffer van die hele volk van die land, en hulle spysoffer en hulle drankoffers; en sprinkel al die bloed van die brandoffer en al die bloed van die slagoffer daarop; en die koperaltaar moet vir my wees om te ondersoek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Koning Agas sê toe vir die priester Urija: “Gebruik die nuwe groot altaar vir die oggendbrandoffer en die aandgraanoffer, vir die koning se brandoffer en graanoffer, en die volk se brandoffer, graanoffer en drankoffer. Die bloed van die brandoffer en ander diere-offers moet teen die nuwe altaar gesprinkel word. Die ou bronsaltaar sal net vir my persoonlike doeleindes gebruik word.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En koning Agas het hom, die priester Ur¡a, bevel gegee en gesê: Steek op die groot altaar aan die brand die môre brandoffer en die aandspysoffer en die koning se brandoffer en sy spysoffer en die brandoffer van die hele volk van die land en hulle spysoffer en hulle drankoffers; en gooi al die bloed van brandoffers en al die bloed van slagoffers daarteen uit; maar die koperaltaar sal vir my wees om verder te oorweeg. |
| Afrikaans 1983 | Koning Agas het die priester Urija beveel: “Steek die oggendbrandoffer en die aandgraanoffer aan die brand op die groot altaar en ook die koning se brandoffer en graanoffer, die brandoffer van die landsburgers, hulle graanoffers en hulle drankoffers. Die bloed van elke brandoffer en van elke ander diereoffer moet julle teen die groot altaar uitgiet. Die bronsaltaar sal myne bly om die wil van God te wete te kom.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Koning Agas het Urija, die priester, opdrag gegee: “Op die groot altaar moet jy die brandoffer van die oggend en die graanoffer van die aand verbrand, asook die brandoffer van die koning en sy graanoffer, en die brandoffer van die hele volk van die land en hulle graanoffers en drankoffers. Al die bloed van brandoffers en al die bloed van maaltydoffers moet jy daarteen sprinkel. Die bronsaltaar sal egter tot my beskikking wees om 'n godspraak te verkry. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning Agas het vir die priester Urija gesê: “Jy moet op die groot altaar die oggend-brandoffer en die aand-koringoffer aan die brand steek, en ook die brand-offers van die koning en sy koring-offer, en die brand-offers van al die mense van die land, en hulle koring-offers en hulle drank-offers. Jy moet die bloed van al die brand-offers en die bloed van al die ander offers teen die altaar spat. Ek sal die brons-altaar gebruik om vir die Here te vra wat sal gebeur.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Agas het vir Urija gesê: “Van nou af moet jy alle offers hier op die groot altaar uitvoer: alles wat in die oggend en in die aand vir die Here verbrand word, die diere, graan én drank, moet hier verbrand word. Al die bloed van die offerdiere wat teen ’n altaar gegooi moet word, moet van nou af teen hierdie altaar gegooi word. Die ou bronsaltaar sal voortaan net vir my eie gebruik wees.” |