2 Kings 16:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het ook die koperaltaar wat voor die aangesig van die HERE was, van die voorkant van die huis af, tussen die altaar en die huis van die HERE, gebring en dit aan die noordekant van die altaar gesit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het hy die ou bronsaltaar wat voor die Here gestaan het, verskuif van sy plek voor die Here se tempel. Hierdie plek was tussen die nuwe altaar en die tempel. Die bronsaltaar het hulle nou noord van die nuwe altaar neergesit. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die koperaltaar wat voor die aangesig van die HERE was, het hy van die voorkant van die huis gebring, tussen sy altaar en die huis van die HERE uit, en dit aan die noordekant van sy altaar gesit. |
| Afrikaans 1983 | Die bronsaltaar ter ere van die Here het hy van die voorkant van die tempel af, tussen die altaar en die huis van die Here uit, verskuif na die noordekant van die altaar toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die bronsaltaar wat voor die Here was, het hy voor die •tempel verwyder, waar dit tussen die nuwe altaar en die huis van die Here gestaan het, en dit aan die noordekant van dié altaar geplaas. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het die brons-altaar wat altyd voor die tempel gestaan het, laat wegvat en hy het dit noord van die nuwe altaar laat sit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Agas het die bronsaltaar wat voor die tempel tussen die nuwe altaar en die tempel gestaan het, uitgehaal en dit noord van die nuwe altaar laat neersit. |