2 Kings 16:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die priester Uría het 'n altaar gebou volgens alles wat koning Agas uit Damaskus gestuur het; en die priester Uría het dit gemaak teen koning Agas wat van Damaskus af gekom het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Urija het ’n altaar presies volgens die koning se planne gebou. Met die terugkoms van die koning uit Damaskus was die altaar klaar. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die priester Ur¡a het die altaar gebou -- geheel en al volgens opdrag van koning Agas uit Damaskus, so het die priester Ur¡a gedoen voor die koms van koning Agas uit Damaskus. |
| Afrikaans 1983 | Die priester Urija het die altaar gebou in ooreenstemming met koning Agas se aanwysings uit Damaskus. Die priester Urija het dit presies so gemaak nog voordat die koning uit Damaskus aangekom het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Urija, die priester, het die altaar gebou. Net soos koning Agas dit vir hom uit Damaskus gestuur het, het Urija, die priester, dit gemaak, nog voor die koms van koning Agas uit Damaskus. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priester Urija het die altaar laat bou presies soos Agas vir hom uit Damaskus laat weet het. Die altaar was klaar voordat Agas teruggekom het van Damaskus. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Urija het die opdrag sorgvuldig uitgevoer en ’n altaar presies soos die een in Damaskus voltooi nog voordat Agas uit Damaskus terug was. |